HOE OM DIE SON IN ‘n BESIGHEID TE OMSKEP

Die internasionale toerisme en gasvryheidsbedryf is deurlopend op soek na nuwe innoverende idees om hul koolstof voetspoor te verlaag, nuwe gaste te lok en eksklusief te bly. Die internasionale multi triljoen dollar biscotti industrie, wat hierdie bedryf tans van produk voorsien, bied slegs beperkte voordele in die verband.

Solar Bakers het as ‘n toetsprojek vir meer as ‘n jaar beskuit kommersieel gebak om te bewys dat daar in die karoo heel jaar volhoubaar met solar termiese energie gebak kan word (Die hitte wat jou kar warm maak as hy in die son staan). As gevolg van die resultaat wil ons graag groter dink en is ons fokus nou om die wêreld se enigste songebakte biscotti, wat ‘n 100 tot 500% netto wins bied, op groot skaal aan die gasvryheidsberyf beskikbaar te stel. Hierdie bedryf herverkoop nie die produk nie, maar stel dit gratis aan hul gaste beskikbaar soos wat die plaaslike bedryf met beskuit doen.

Net soos met neute, druiwe en ander landbou produkte, kan die karoo die gasvryheidsbedryf se probleem help oplos en ‘n plaaslike nuwe, unieke uitvoer industrie vestig. Met genoeg son, arbeid en plaaslike bestandele soos meel, neute, rosyne en meer. is die Noord Kaap die ideale plek om hierdie idee ‘n werklikheid te maak.

Omdat ons reeds die grense van ons kundigheid bereik het, nooi ons enigiemand of groep wat wil diversifiseer of belangstel om betrokke te raak om my persoonlik te kontak vir meer inligting. Ons glo êrens in die Noord Kaap is daar genoeg kundigheid om hierdie “proof of concept” na ‘n volgende hoogte te neem. As gevolg van die uniekheid en omvang van die idee, is Prof. Ashmore Mawire (‘n spesialis in termiese energie) van die Universiteit van Noord Wes reeds betrokke met toetse, asook Dr. Hencharl Strauss van die WNNR wat graag betrokke wil raak. Feitlik alle bakkery toerusting word reeds plaaslik vervaardig.

Ons unieke idees maak groot indruk internationaal. Ons mentor tans vir Pheladi Chiolani van Nelspruit wat pas deur China na die WAITRO beraad genooi is vir ‘n aanbieding. Sy is besig om ons solar warm water geyser (SOLAGEYZA) vir mense wat in sinkhuisies bly en nie lopende water het nie, te kommersialiseer.

Ons volledige besigheidsplan vir die bakkery sal aan kwalifiserende belangstellendes beskikbaar gestel word en ons sal enige praktiese en innoverende besigheids voorstelle oorweeg.

Hou in gedagte dat hierdie nie ‘n werksgeleentheid is nie.

Klik op die verskillende skakels vir ‘n visuele oorsig.